f Zest4life
sibis | courses | articles | seychelles | kinesiology | maths4life | contact

Dr Mouton naby een van die gorillas in Rwanda
Gorilla mum suckling one of twins (Hirwa group)
Gorilla mum with 5 months old baby
uisvesting bo op vulkaan Nyiragongo
ice one of Silver Back (Hirwa group - Volcano park, Rwanda)
Rwanda is n mooi groen en vrugbare land
Njiragongo at night

Die Gorillas in Rwanda en Vulkaan Nyiragongo in die Kongo

Kopiereg Dr Sibis Mouton

Wat n belewenis om die gorillas te sien! Ek sal dit as een van die “Moet nog doen” dinge vir elke buite lewe entoesias aanbeveel.

Rwanda is a pragtige groen en vrugbare land; meer belangrik; ek het veilig gevoel in die mooi land. Die gorilla “trekking” was besonder goed georganiseer en ek sal dit heelhartig aanbeveel.

Die Virunga Nasionale Park is reeds in 1925 in die lewe geroep. Die park is gelee in Rwanda, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda. Ons, ek en my Duitse vriendin van Munich, het tuisgegaan in die lieflike en ruim “Mountain View Gorilla Lodge” wat n besondere uitsig het oor die hele “Volcano National Park”.

Elke oggend om 7 uur kom 80 buitelandse entoesiaste bymekaar in n groot sinkplaat rondawel by die hoof kwartiere van die “Volcano National Park”. Daar is basies tien verskillende groepe gorillas in die park; elkeen word vernoem na die “Silverback” of groot manlike gorilla wat die baas van die groep is. Ons was ingedeel by die HIRWA – groep wat uit 18 gorillas bestaan het. Ons baie bekwame gids was genoem Fidel wat vir ons die fotos van al die gorillas in die spesifieke groep gewys het. Die groep ( daar is altesame 8 buitelanders in n groep trekkers) word dan vervoer na die beginpunt van die “trekking”. Daar was ook 6 portiere om te help dra aan enige rugsak. Die portiere, geklee in blou oorpakke met Engelse name op hulle pakke, was besonder bekwaam en het ons almal , veral die ouer mense (die oudste in ons groep was 66, n Amerikaanse egpaar van Kalifornie) baie gehelp om die styl klim te behartig, op en af. Hulle reik jou n helpende hand of arm toe en sorg dat almal veilig by die gorillas uitkom en weer terug ook.

N "Silverback” weeg omtrent 200kg en slaap dus nie in n boom nie want hy sal afval! N manlike gorilla kry so a silwer haardos op sy rug tussen 8 en 12 jaar. N gorilla word omtrent 35 tot 45 jaar oud.

In Rwanda word die gorillas opgepas deur bekwame “trackers” en die kanse dat mens die groep gorillas sal sien is omtrent 100%. Na so n uur se klim deur tropiese woude en uitgebrande vulkane, het ons gids gese ons is nou naby die gorillas.

Die groep was besig om te eet; gorillas is grasetend en eet plante, bossies en ook bamboes spriete. N mens spandeer so n uur saam met die gorillas. Hulle is heeltemal mak en gewoond daaraan dat van die menslike spesie elke dag vir hulle kom bekyk! Vir my was die uitgegroeide gorillas besonder groot en hulle het groot mense hande! Hulle het hulle glad nie aan ons gestuur nie en eenvoudig aanhou vreet; n pragtige voorbeeld van “leef in die oomblik”. Wat n fantastiese belewenis!

Op hierdie reis was ons ook bevoorreg om saam met 10 ander avontuurlustige jong mense (ek is 60 en was by verre die oudste!)die vuurspuwende vulkaan Nyiragongo in die Kongo te klim. Berg Nyiragongo is n manjifieke strato vulkaan en die grootste lewende lawa meer in die wereld. N Mens begin klim op ongeveer 2000m en na 8 kilometers op is jy bo, 3470 m hoog. In 2002 het Mt Nyiragongo ontplof en die helfde van die stadjie Goma (ongeveer 50 km ver) verswelg. Die brandende lawa het geeindig in die waters van meer Kivu, waar al die visse blykbaar gevrek het weens die hitte!

Die klim is nie tegnies moeilik nie en die groep is gelei deur 3 gewapende gidse wat gesorg het dat ons omtrent 5 keer gestop het vir n breek. Ek was uitasem op die laaste 200m maar het gelukkig nie hoofpyn van die hoogte bo seespieel gekry nie. Die groep het 5 en n half ure gevat om bo te kom (11 am weggetrek en 4.30 pm bo) en dan weer 3 en a half ure af die volgende oggend (7 am – 10.30 am). Die krater is asemrowend groot en in die nag is die lewende borrelende lawa vure n belewenis om te sien. N Mens slaap die nag daarbo in tente binne in n hout geboude struktuur.

Die mense van die Kongo is egter baie arm en die paaie is verskriklik. Ek het nie veilig gevoel in die Kongo nie en was bly om die volgende middag weer terug te wees in Gisenyi in Rwanda.

Om in die groot sagte bruin oe van n reuse gorilla to kyk was onvergeetlik en iets wat elke buitelug entoesias moet beleef!

Dr Sibis Mouton is n lektor in Wiskunde aan die Kaapse Skiereilandse Tegniese Universiteit (CPUT) en die skryfster van “Journey to Joy World Champ at last” (Modjaji Books) en “Enjoy Maths, Enjoy Life Maths and Life Skills for Today (Source Corporation en n e- boek op Amazon). Email sibismouton@zest4life.co.za vir navrae of kontak “African Geographic Travel”.

This article was published in "Die Buite Burger", Die Burger, in November 2015.